Kursusse (EKWIPT)

Jesus sê vir ons om na al die nasies te gaan en
dissipels van hom te maak, te doop en te ONDERRIG.

1 PETRUS 3:15

Inteendeel, erken in julle harte Christus as die een wat seggenskap het. As julle dit doen, en iemand vra julle uit oor die hoop wat in julle leef, wees altyd reg om te reageer [met ‘n antwoord].

Om te weet wat jy glo is ‘n belangrike bestandeel van jou geloof. Deur ons verskillende kursusse rus ons jou toe om altyd reg te wees met ‘n antwoord as iemand jou uitvra oor die hoop wat in jou leef. Dit gee jou ‘n goeie fondasie om jou geloof op te bou en te groei tot volwassenheid in jou geestelikheid.

Hierdie kursusse sal jou help om jou gawes te ontdek, die manier hoe jy jou spiritualiteit uitleef, hoe om in God se liggaam te funksioneer en nog baie meer. Vir meer inligting of om te registreer kliek die skakel hieronder.