KONNEKSIE

By Kaleideo glo ons dat wanneer jy God liefhet, liefdevolle
verhoudings op ‘n natuurlike wyse sal begin ontwikkel.

MATTEUS 22:39

Die tweede, ewe belangrike opdrag is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’

Ons kan nie wegkom van die feit dat die lewe gebeur in die verhoudings wat ons lewe vul. Dis in verhouding wat ons leer, ondersteuning ervaar, liefde beleef, die lewe leef en ook geestelik groei. By Kaleideo glo ons dat jy die vinnigste groei saam met ander en daarom moedig ons jou aan om deel te raak van ‘n konneksiegroep.

Hierdie groepe kom regoor die stad bymekaar vir ondersteuning, Bybelstudie en om nuwe vriendskappe te vorm. As jy regtig wil deel raak van die hartklop van die gemeente en jou geestelike groei wil versnel, kliek die skakel hieronder en raak deel van ‘n groep.